vrijdag 1 februari 2013

Voortrekker wors


Ek het nou al die stadium bereik waar ek glad nie meer wors koop om te braai nie, want die wat jy in supermarkte kry proe net nie lekker nie en tradisionele slaghuise is besig om uit te sterf in die stad.
Weet iemand dalk van 'n slaghuis in die noordelike voorstede van JHB waar mens nog lekker wors kan koop?

Ditto ek koop lankal nie meer sommer wors nie, hulle gooi te veel stront en rubbish in en smeer dit dan as boerewors aan mense af.

Dit is nou in Krugersdorp naby Bosvark maar dit is die enigste wors wat ek eet.
Salvinos Butchery cnr Robert Broom Drive and Van Oord. Noordheuwel. Agter die Sasol garage.

Chris, ek weet dis bietjie ver, maar Vleislapa in Pietersburg, mmmmmmm. Ons maak 'n punt daarvan om of self daar uit te kom, of om per geleentheid daar te bestel en dan bring vriende, familie of kennisse dit deur.

Ons koop ook nie meer boerewors nie. Ek koop nou net wilds-wors en mince. Baie lekkerder, rooibok of springbok. Eland slaghuis in Bokburg in Rietfontein rd is die plek waar ek dit koop en definitief die trip die moeitewerd.

Ek stem, goeie boerewors is skaars.
Ons is altyd op soek na goeie boerewors.